Dries & Mariska Olivier

15 Feb 2018

Hi Rida, net ‘n e-mail van waardering rondom die professionele hulp wat ons van jou ontvang het met die aankoop van ons huis, asook om ons te help met die reel van finasiering. Dit was ‘n besonderse ervaring aangesien jy ons die heeltyd op hoogte van sake gehou het; selfs toe die verkoper geweier het om uit te trek op die datums wat aan hom gegee is, het jy ons bygestaan en is ‘n plan gemaak. Die ervaring is defnitief nie iets waaraan ons gewoond was nie en was ons redelik uit die veld geslaan met jou professionele aanslag. Baie dankie weereens vir die hulp en ondersteuning - dit word hoog op prys gestel.